Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 21 April 2016

Gebed strategie #dag3

So... ek jaag toe mos nou die duiwel uit my huis uit. Hy is nou weg. Die deur is toe. Min besef ek, dis mos elkgeval ek wat hom laat inkom het! Nie waar nie?

As jul die vorige dae gelees het sal jul onthou, ek het gebid vir die wag voor my mond.
Vir my woorde.

Gebed is nie ñ een-dag per "topic" gesprek met God nie. Elke onderwerp moet elke dag ontwikkel en so groei ons.

Ja...hier het al paar slegte dinge gebeur... goed wat breek...goed wat geld kos...en geld is maar altyd ñ probleem,né?! Stop die bus net daar...
!

Ek dank God vir daai geld wat daar was om iets mee te kon fix. Ek dank God vir alles wat werk, alles wat gefix is, en alles wat aanhou werk! Ja! Ek bid seëninge uit oor my kar, my sleutel, my engin, my bande... you name it I claim it! God is die ware eienaar nie ek nie! Ek durf niks negatiefs oor sy goed dink of spreek nie! Wie gee my, wat klein en nietig is, die reg?!

Positiewe gedagtes. Positiewe woorde.

Dink ook bietjie hieroor as jy in die verkeer sit... en daai "aap" ry voor jou in, ry soos sy agterent of ry net pleinweg te stadig vir joú skedule!

Daar wil ek klaar reeds weer lelik wees. Iets toesnou. Stop, stop, wag net ñ bietjie. En ek bid vir daai taxi met nommer L55 op sy ruit, en ek bid vir almal on hom en toe sommer vir al die voertuie en voetgangers waarmee hy in aanraking gaan kom... en toe sommer maar vir die wit mercedes langs hom, en die groen Nissan langs hom, en toe ek weer sien het ek sommer vir al die karre, die paaie, die treine, busse, trokke, motorfietse, fietse, mense, diere wat oor die pad loop... gebid...vir wysheid, vir genade, vir veiligheid. Vir God se Liefde.

Nou ja, hoekom kan ons dit nie eerder elke dag doen wanneer ons, ons wil vererg vir ander se foute nie? Ja, daai onnosele fout kan iemand se lewe kos...maar, wie kan eintlik in beheer wees van elke liewe mens? Net God. Kom ons bid vir elke liewe mens - dat hul God sal kies, in alle omstandighede.

♡Amen♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...