Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 13 April 2016

Sulke dae... soos vandag

Vandag kry ek nie baie lus vir hierdie "getik" nie... nie omdat ek nie met julle wil deel nie... maar omdat ek vandag nie soos 'n inspirasie voel nie ... mens kry sulke oomblikke waar die "universe" of die "duiwel" of "murphy" of wie ookal dit mag wees jou gooi met sy beste pyle. Tref, op tref op tref... "klein jakkalsies" sal dit in Afrikaans genoem word.

Dis nou wanneer jy agterkom op 'n sekere plek gaan die taxi's jou nog doodry, en jy kry vir die eerste keer in jou lewe "padwoede" in sy ergste graad. Of wanneer die kinders jou bogemiddels challenge, die skole jou challenge met vrae waarop jy self nie die antwoorde het nie. Wanneer jou battery heeltemal pap is en jy eintlik net moet wegkruip vir die wereld. Wanneer jy getrou skoolfonds betaal, en die skool dit nooit allokeer nie.... en die lysie gaan aan. Of jou tablet breek, jou account word ge"hack", jou kar word onverwags baie vuil (myne is altyd vuil dis nie onverwags nie)... daar is duisende opsies.... jy of 'n geliefde word onverwags siek... ons almal ken daai "oomblikke".

Nou ja, vandag, kan ek jou nie juis inspireer nie, want ek het so 'n oomblik (of dalk net vroulike hormone wat inskop?)... maar ek deel graag hierdie vandag met jou:



Mag baie {GEBED} ons deur sulke dae bring, en onthou... drink daai koppie {TEE}... want tee praat nie terug nie, tee verstaan.

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...