Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 17 April 2016

♡Ek is nie perfek nie, maar my Skepper is♡

Ek is nie perfek nie.Glad nie.

Maar, ek glo in ñ God wat my perfek liefhet.

Ek.dink partykeer dis waarom ek hou van skryf. Ek kan my foute, ja al my swakhede, op papier of digitaal deesdae uitdruk.

Al my hartseer, seer, goed en sleg, liefde en geluk kan ek hier neerlê.

Ja, baie mense sal my kan oordeel. Maar dis nie die punt nie.... daar gaan daai een of twee of selfs drie siele wees wat ek wel bietjie hoop kan gee, bietjie kan laat lag vir al my simpel oomblikke, bietjie kan inspireer. Kan saam bid. Saam lag. Saam huil.

Vir daai paar siele is hierdie blog hier. Met al sy "nie-perfeksie". En, ook vir my.

Kom ons vier ons mens wees. Elkeen uniek. God se kunswerke.♡

Heerlike week vir julle xxx

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...