Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 06 April 2020

Covid-19, wanneer slaap jy?

Ek kan nie slaap nie
Aand na aand...

Dit voel of die wêreld om my vergaan

Covid-19. Selfdood. Armoede. Geweld.

Pyn. Seer. Eensaamheid. Geld. Vrees.

Soveel mense bid

Daar kan net God wees
Net Hy kan genees.

Ek kan nie slaap nie

Here, wees met die wêreld vanaand.

Maak heel, vergewe, maak gesond;
Herstel.

U verbond is Ewig
Ons as mens te ledig.

Covid-19 jou slaap kan begin
God het reeds oorwin.

~ TG

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...