Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 10 Mei 2016

Gebed strategie #dag6

Bid vir Ander ... en Bid saam Ander

Ons hele lewe is 'n gereedmaking... vir Jesus se Koms.

Dag 6 sluit aan by dag 5 (bid vir ander)...

Ons moet ook uitreik na ander ter wille van hierdie gereedmaking.

Watter beter plek om te begin? As in gebed?

Vir dag 6 stel ek die volgende uitdaging aan jou ... dink aan God se 40 dae in die Woestyn. 

"Commit" jouself vir 40 dae van intense gebed en bybelstudie. In hierdie 40 dae skryf al jou teksverse neer (dag 1 tot 5 was 'n goeie voorbeeld hiervan vir jou ... nou kan jy dit verder neem)... 

Nie net gaan hierdie 40 dae jou nader aan God bring nie, maar gee jou ook die kans om uit te reik na ander toe. En, na jou 40 dae ... gaan jy presies weet, hoe om te bid, soos God wil he jy moet bid. En, ander te dien in liefde.

Reik uit na 5 mense wat God op jou hart geplaas het om voor te bid, as jy nie weet waarvoor hul gebed nodig het nie, vra hulle... en bid vir hulle vir die volle 40 dae.

Daar is groot krag in gesamentlike gebed. Daar is ook groot bemoediging en geestelike 
versterking en ondersteuning te vinde in Christelike vriendskap. Juis hieroor, daag ek jou 
ook uit, om 'n vriend te kies om saam jou te bid, jou "bid vennoot" in persoon of oor die 
foon of oor e-pos as jy nie anders kan nie vir die volle 40 dae van bybelstudie en gebed.

Matteus 18: vers 19 en vers 20:
"Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Mag hierdie 40 dae jul lewens net aanvul en jul nog nader aan God se Wil en teenwoordigheid bring.

{TG}


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...