Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 23 Mei 2016

Ongemaklike onderwerp...

Sjoe... wat 'n "ongemaklike" onderwerp... en ek verwag dalk 'n paar bakstene wat na my gegooi sal word... maar ek MOET. Sien, God verwag dat ek NIE ongemaklike onderwerpe moet vermy nie. Hy verwag dat ek elke dag my beste sal gee in hierdie lewe. En, vandag is ook so 'n dag. Iemand daar buite, sal hierdie handig vind. Is daardie iemand Jy, Meneer? Eerlik... ek weet nie. Maar, ek MOET hierdie week vir die manne gee.

Man en Vrou, twee verskillende spesies (nee, regtig, dit voel soms so) wat saamgevoeg word met hul eie verledes, issues, persoonlikhede, voorkeure, afkeure... in 'n huwelik.

Of God het 'n groot sin vir humor. Of, God wil he ons moet konstant ontwikkel en leer?  {Miskien altwee)

Is daar dinge in jou vrou se gewoontes, of in haar lewe, wat jy graag wil sien verander? Het jy al daaroor gebid? Of, wat anders doen jy dan om dit te laat verander? En, werk dit wat jy doen?

Jy sien, om vir God te bid oor daai veranderinge gee jy vir God die uitnodiging om groot dinge in jou vrou, en jou, lewe te doen.

Sonder gebed, hang die sukses van daardie veranderinge van jou eie wysheid en pogings af.... wat is die kans vir failure op daai een? Want, ons almal weet, as daar een ding is... mans is almal baie besig. Hulle is in baie gevalle die broodwinners.

Deur te bid, sien jy nie net die veranderinge in jou vrou se lewe raak nie, maar ook in jou eie. Is dit nie 'n bargain nie?

Dink daaroor: Jou vrou trek voordeel uit jou gebed.

More kyk ons na 'n besonderse boek vir Manne. En ook bietjie meer na Gebed.

Dankie, vir elkeen wat hier lees. Dis vir my wonderlik. Ons vrouens, het julle mans se liefde nodig. God het jul spesiaal vir ons gemaak. Vir beter kon ons nie vra nie.

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...