Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Saterdag 21 Mei 2016

{Gebedsuitdaging vir 'n maand}

My laaste brief aan jou, as vrou wat bid vir jou man ...

Ek daag jou nou uit om elke liewe dag aktief vir jou man te bid. Om jou te help, het ek hierdie 31 dae "challenge" opgestel... jy is egter welkom om die verse te vervang met ander behoeftes. Hulle is egter met sorg uitgekies vir jou.

Psalm 51:10 Heer, verander my hart

10
Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.

Romeine15:5 Harmonie tussen ons

5
En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê.

Spreuke 24:3-4 'n huis gebou op wysheid

3
Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê,
4
kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.

Matteus 16:26 hoe my man voel oor; en kyk na geld

26
Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe

Psalm 90:17 vestig hom in sy werk

17
Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand

Fillipense 2:4 mag ons mekaar eerste stel

4
Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Efesiers 1:17-19 sy roeping

17
bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
18
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
19
en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
Josua 1:6 moed/durf

6
Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het.


Deuteronomium 5:29 rig sy hart

29
Mag hulle altyd soveel eerbied vir My hê en al my gebooie gehoorsaam sodat dit altyd goed kan gaan met hulle en hulle nageslag.


1 Samuel 17:45 sy uitdagings

45
Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.

1 Kronieke 28:9-10 mag hy U dien

9
En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.
10
Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”

Nehemia 6:9 versterk sy hande

9
Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!


Psalm 1:2 Mag hy sy vreugde in U vind


maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.


Psalm 37:1 mag hy nie terugstaan oor die duiwel nie

1
Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,


Prediker 4:9-10 mag ons mekaar opbou

9
Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.
10
As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.

Romeine 8:1-2 mag hy onder veroordeling lewe nie

1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
8:1: Sommige manuskripte voeg by: ... vir dié wat nie volgens die sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees.
2
Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.

Jeremia 7:23 sy gehoorsaamheid en onderdanigheid

23
Maar wat Ek hulle beveel het, is: Julle moet My gehoorsaam. Dan sal Ek julle God wees en julle sal my volk wees. Maar julle moet leef soos Ek julle beveel sodat dit met julle goed kan gaan.

Mattheus 17:20 ontwikkel sy geloof

20
“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Psalm 25:21 sy integriteit

21
Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek.

Psalm 55:22 mag hy sy laste op U plaas

22
Sy tong is gladder as botter, maar daar is oorlog in sy hart; sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.

Psalm 23 U is met hom

1
'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
4
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
5
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
6
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Jesaja 58:8 sy genesing

8
Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.

Romeine 8:9 dat hy deur die gees gelei word

9
Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.

Romeine 12:9-13 hoe hy liefde aan ander betoon

9
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
10
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
11
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
12
Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
13
Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid


1 Korintiers 2:16 laat die Heilige Gees hom U gedagtes wys

16
Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.

Galasiers 1:10 mag hy net U goedkeuring soek, geen ander nie

10
Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.

Kolossense 1:9 mag U sy wese vul

9
Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,


Kolossense 3:23 dat hy vir U werk

23
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,


1 Petrus 5:8 om versigtig te wees

8
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Mattheus 26:27-28 dat hy vrygespreek is deur U


27
Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit,
28
want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.

Psalm 119:105 Dat U woord hom die pad sal wys

105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.


Wil jy graag hierdie uitdaging saam my volg?


Laai jou gratis "31 Dae Gebedsgids" in pdf hier af  ...

https://www.dropbox.com/s/8rgr3qhbenbpxqp/31%20day%20challenge.pdf?dl=0


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...