Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 10 Mei 2016

Skillie Skilpad... Skillie Skilpad.... Kom ons vra vir Jesus ... Sing Sang Song....

Vandag is 'n slegte dag. Daar is nie 'n besonderse rede nie. Of, dalk is daar 'n hele paar. Mens het mos alewig jou en ander se probleme op jou gedagtes. Al moet jy eintlik nie daaroor bekommerd wees nie. Ook maar mens. Ook maar moeilik.

Dis maar net 'n slegte dag. My kop is seer. Tot my vitamines gedrink, maar die lus vir die dag, die kom nie.

So, nou sit ek en wonder... hoe moet ek vandag my vriende en vriendinne inspireer, as ek dan self so voel...

Haai, dit voel selfs of ek nie krag het om te bid nie... die gebed wat opgegaan het, is maar net vir krag, krag en nogmaals krag. Ek moet pasop... al daai krag kom dalk more deur! Dan, is ek maar net te dankbaar.

Wel, ek dink toe hieraan...

Toe my seuntjie klein was, en ek was weer swanger, was ons op vakansie... familie kuiertjie in die Kaap. Heelpad oral waar ons gaan het hy die liedjie van Skillie Skilpad gesing... ons kon alles uitmaak behalwe een versie "Kom ons vra vir Jesus" ... "sing sang song"... dit het so Chinees geklink. Elkgeval, ons was voor groot besluit op ons paadjie op daai stadium, maar tussen al ons grootmens-worries deur het hy net bly sing vir mamma en pappa ... "sing sang song"...

Ons het toe later besef wat hy eintlik sing is "Kom ons vra vir Jesus.... Hy sal Sorg"... "Hy sal Sorg".... of dit nou werklik die woorde was, en of hy dit net self opgemaak het, sal ek nou nie weet nie {Jewan is lief vir sy eie woorde maak vir liedjies as hy die woorde vergeet}...

Maar, moral of the story...

Wat ookal jy deurgaan. Wat ookal jou vandag moeg maak. Waarvoor ookal jy krag nodig het.

Moenie vergeet nie -  Sing Sang Song ... God sal Sorg.

Praat met Hom.


{TG}

1 opmerking:

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...