Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 06 Mei 2016

Onskuld van ñ kind

So paar dae terug terwyl ons in die kar ry sê Jewan (5) ... "Pappa... wat is hierdie? "

Daar sit ñ massiewe rooi kol op sy voorkop.

Pappa verduidelik dit is ñ puisie en heel nuuskierig wil hy meer oor die "puisie" storie weet.

Ek kan myself nie inhou nie... ek sê vir hom mens kry ook puisies as jy te veel soen.... hul noem dit vry puisies.

So paar dae later, weer in die kar...

"Mamma, ek het nou vir lank niks mense gesoen nie en nou is my ♡ Soenkol♡ sommer weg!!!"

{Mag ons mekaar ook daagliks met sulke oop harte ontvang en bemoedig. Jesus is lief vir die kindertjies}

♡ TG♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...