Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 15 Mei 2016

{Geen huwelik is dieselfde nie}

Ek weet nie waar jy vandag staan met jou lewensmaat en jul verhouding nie.

Dalk is jul pasgetroud en in die heuningmaan fase; besig om deur 'n rowwe tyd te gaan; dalk al jare gelukkig getroud en oppad na 'n groot herdenking van jul jare saam... 

Hoe dit ook al sy... een feit bestaan. Huwelike, verhoudings, toewyding... is nie maklik nie.

Of, is dit? Maak ons dit dalk vir ons self moeilik? Of, is jy net al moedeloos?

Daar kan verskillende scenarios wees. Reg of verkeerd maak nie eintlik saak nie. Iemand het een keer die volgende gespreek - die huwelik gaan nie oor om te wen nie; maar oor om te hou!

My oorlede pa se raad aan ons was, alhoewel daar gespreek word dat man en vrou een word in die Huwelik, is dit nie heeltemal die geval nie - want, huweliksmaats is nie gekloon nie. Elkeen moet nogsteeds sy eie identiteit ook kan behou; as deel van die huwelik. Jy het tog nie verlief geraak en lief geraak vir jouself nie? Maar, vir iemand wat jou aanvul en ondersteun. En, vice versa.

Daar is kenners; en daar is doeners; maar op die ou einde van die dag is daar REUSE...

REUSE KEUSES!

Yes, in plain engelse Yes... die antwoord is Keuse.

Dit is tog waaroor toewyding gaan... 'n keuse.

Ons gesels hierdie week bietjie oor huwelike. Miskien kry jy waarde hieruit vir jou en jou maat, of miskien sien jy iets heeltemals anders raak wat ek nie eers aan kon dink nie.

Kom ons wees dankbaar, vir die Genade waarmee God ons toevou.

{TG}




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...