Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 25 Mei 2016

Manne... aan die Wenkant? Saam?

Hallo Manne

Soos jul weet, is vandag se 'posts' die laaste voor ek jul "31 dae gebed challenge gee"... ons is mos hier om vir die vroue te bid.

Vandag wil ek graag fokus op ñ belangrike hulpbron... die belangrikste een... God se Woord.

Ons kyk vandag spesifiek na "Die Stiltetyd Bybel vir Mans", geskryf deur Stephan Joubert. Self ñ indrukwekkende man... professor en redakteur/stigter van die e-kerk
http://www.ekerk.org en lees ook hierdie indrukwekkende onderhoud met hom:
http://www.juig.co.za/article.php?id=177

Nie te min, die artikel gaan oor die bogenoemde Bybel (CUM-Uitgewers).

Joubert meld hierin dat hierdie Bybel saamgestel is vir die man van vandag ~ vir persoonlike stiltetyd asook bybelstudie in groepe...

Het jy al ñ bybelstudie groep saam kollegas of sportsvriende of dalk manne in jou familie? Dis iets wat ek weet my man baie mis van Suid-Afrika en sal geniet om weer deel te wees van.

Daar word genoem in die inleiding dat indien jy soos baie mans vandag ñ vol/somtyds oorvol lewe lei...en daar baie dinge is wat aanspraak op jou energie en tyd maak jy sal weet dat dit nie maklik is om ñ man te wees nie. Hy deel baie reguit waarhede oor die Nuwe Testament, wat ek glo baie manne, of dalk jý, sal waardeer.

Die Bybel word afgesluit met ñ gedeelte genaamd "Die Wenkant"... dis regtig iets wat jy self moet gaan lees, maar hy noem hier iets wat baie treffend is, en ook die gedagte waarmee ek julle wil laat:

"Jy moet elke dag gereed wees, want God se stad is aan die kom. Jy moet saam met ander Christene vir Christus uitnooi om gou na ons toe te kom. Wink ander dorstiges en sondaars om langs jou te kom staan en hulle oë op te hef na Christus toe. Laat hulle betyds van Sy lewende water drink sodat hulle feesklere kan aanhê wanneer Hy sy opwagting maak.

Die Koning van alle konings is op pad na ons toe. Dit is sy laaste woorde aan ons in die laaste geskrif in die Nuwe Testament. Glo dit. Sê "amen" hierop met jou hele lewe."

... tyd dat jý daardie bybelstudie manne-groep begin?

Geseënde Dag
TG♡

NS. Die bybel is ook Internasionaal in Engels beskikbaar op Amazon:

http://amzn.to/20Cnqc1

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...