Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 18 Mei 2016

Om jou hart uit te skryf...?!

Om jou hart uit te skryf voor 100'e mense is nogal "weird". Op ñ manier... intimiderend.

Om nié jou hart uit te skryf nie is... verkéérd. Soos om, stil te bly oor ñ moord. Miskien, inspireer ek net een iemand vandag. En, dis vir my genoeg. Dis genade.

So... hier is ek, wéér.

Om iemand te verloor wat jy liefhet is die een iets in die lewe wat jy nie kan beskryf nie. Jy kan "ok"wees vandag, maar môre "pop" daai gedagte, daai rou seer oomblik, daai eina wond weer op. Niemand kan dit beter maak nie.

Soms stuur God groter uitdagings om ons besig te hou in daai tyd... miskien sodat ons nie tyd het om op daai eina te broei nie... sodat ons op ons tone kan bly... dankbaar kan bly.

God ken sy kinders se harte.

Dink sommer so aan alles om my, ñ seuntjie wat nie sy been moet verloor nie, ander een wat dalk gaan. Altwee hard aan die veg teen kanker. Mammas wat sterk staan in hul gebrokenheid. ñ Vrou met die mees wonderbaarlikste kanker verhaal, waar God die onmoontlike gedoen het, en sy staan lewend en soos ñ wonder voor my. Ekstra geleen vir haar familie. Néé, geen een van ons is "ordinary" nie. Elkeen het sy storie, sy torringtjie gare in God se wonderlike tapeserie, elkeen sy perfekte plek en tyd.

Dit maak my so gelukkig as ek lees hoe almal God dank vir soveel genade, liefde en wonders. Dan lees en ñ uitskieter hier of daar... medemense wat ten spyte van die groot wonders nie glo in God se bestaan nie. En ek kan myself dit nie eers indink nie... God is so goed vir my gesin. Ek kan my regtig nie ñ lewe voorstel sonder God nie.

Sonder meubels, sonder geld, sonder werk, sonder gadgets.... alles... ek was al daar. Maar, nooit, nooits sonder God nie. Dit sal net nie kan werk nie.

Here, dankie dat U altyd naby my is. U liefde ken geen einde nie. U omsluit my van alle kante.
 

♡ Wees vandag Dankbaar ♡

Amen
TG

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...