Is ons Okay?
Dis dalk ñ vraag wat die laaste tyd op baie mense se gedagtes was. Ek kan nie regtig my storie vertel nie,want ñ storie het ñ einde, en my lewe is ewig sonder einde, die aardse episodes ia wel net ñ tydelike gedeelte. Ek kan nie ñ gelukkige einde gee en jul beïndruk nie ~ ek kan wel waarborg dat daar geen einde sal wees nie en dat ek gelukkig by God sal wees.
Mens het ñ visie vir jou lewe.
Lawwekoppies soos ek het so 80 visies vir ons lewe... dit maak dit nog meer uitdagend.
Daai vraag wat jy voor Graad 1 kry... wat wil jy eendag word?
Dan skryf iemand {juffrou} of {brandweerman} of {dokter} en daar gaan hulle... uitgesorteer.
Dan kom hul by iemand soos ek, ja die einste lawwekoppie... dan kry ek kans om te skryf...groot fout...
{Ma, dromer, skrywer, fotograaf, besigheidsvrou, joernalis, advokaat, finansiele bestuurder, publieke spreker, ontwerper, reisiger, aktrise, bemarker, taalkundige, juffrou, sielkundige... and the list goes on soos in engels sou sê}.
Ek wens ek was ñ makliker mens, ñ een sinnetjie mens. Dis ñ goeie mens om te wees. Maar, ongelukkig is ek nie.
Nie te min, ek het gewerk en terwyl ek gewerk het, studeer. Ek het ñ heerlike tyd gehad, waarmee ookal ek gewerk het, omdat ek lief is vir ñ uitdaging. Dalk so bietjie werkverslaaf. En voor ek my oë kon uitvee, was ek daar... ñ werk wat my intellektuel baie uitgedaag het daagliks, studies, ñ man en twee kinders, ñ opkomende fotografie besigheid, die opbou van sosiale media netwerke en deeltydse admin werk. Ek het nooit geslaap nie, my oë se regte kleur was rooi, en baie min gelewe.
Elkgeval, my fokus was nog altyd op my omdat my loopbaan definitief vir my Belangrik was. Te veel ambisie is ook Sonde! En ek het begin verdrink onder al die "to-do's" wat ek vir myself uitgepak het. Sien, ek wou maar nog net altyd mense help... ek het geglo dit was my roeping. Ek het nooit geweet hoe om nee te sê nie, hoe om te stop nie. Tot God my tot stilstand geroep het.
Ek was nog altyd lief vir God maar ek het gevoel die kommunikasie-lyn is ietwat toe... een aand in die kerk het ek dit ook aangepak... die lyne was nooit toe nie, my ore was!
Die waarheid maak soms seer. Ek het gevra vir ñ antwoord/ñ teken. Ek sal daai oomblik nooit vergeet nie. En die boodskap was duidelik. Stop. Staan terug. Maak opofferings. Ondersteun jou man. Niks anders nie. Ek moes leer "stop".
My man se paadjie is ñ storie op sy eie, maar, vir hom is ek baie lief en hy is ñ harde, lojale werker.
Ons het voor ñ baie slegte kruispad gekom. Soveel deure het vir hom toegegaan, maar ons het aanhou probeer, aanhou glo.
En toe kom Namibië .
En met alle lyne nou oop was God se boodskap weer duidelik...
Daarom, is ek en die kinders toe ook woestyn/land van melk en heuning toe... maar daar was ook ñ waarskuwing... oor gehoorsaamheid. Soms hou ons, ons doof. Soms wil ons te gemaklik wees, te veel twyfel, te min opgee.
Dit klink so maklik. Net 1 800 km verder... maar, wetgewing tussen verskillende lande maak die lewe nogal moeilik, iemand wat die pad al gestap het sal weet.
Ek het volstoom afgestorm op 2016 ... die jaar wat alles sou regloop...! En toe, gebeur dit... ek sit sonder werk en het nie die vaardighede wat ñ werkpermit tans regverdig nie. Ons finansies is geknou deur dinge wat skeef geloop het, trek wat nie ooe grens mag kom, sit maande sonder ons meubels en sonder ons mense... en die ergste van dit alles... ek verloor my Pa. En ek is magteloos. Ek was nog nooit so swak nie.
Nou wil ek graag die ander kant ook stel.
Vir die eerste keer in my lewe, staan ek terug. En weet jy wat, ek hoef regtig nie een dag te betwyfel nie. Want, God is in beheer en Hy sorg. Ek moet net elke dag fokus om gehoorsaam te bly. En ek besef dit. Ek is meer gedissiplineerd. Ek weet elke oomblik hoe afhanklik ek is van God. Net God. Ek het oogehou om oppervlakkig te bid (steeds elke dag ñ uitdaging). Ek het my Pa verloor, maar hy het sy Ewige Lewe saam God gekry... hoe gelukkig is hy natuurlik daarmee! Ek het ñ "bonusjaar" gekry... tyd saam met my kinders wat ek nog nooit in my lewe gehad het nie. In plaas van ñ Nanny, is ek nou Mammie-McPhee. Ek kon weer begin skryf, en die Elke-Sekonde-Tel blog begin. Ek waardeer soveel dinge, soveel mense soveel meer. Klein dingetjies maak weer ñ verskil. En, God bly mense op my pad stuur. Ek is nou, nét Tersia.
Nee, ek weet nie wat gaan volgende gebeur nie. Ek weet nie hoe ek dit gaan trotseer nie.
Maar, is ons Okay?
Ja, ons is. Ons is méér as Okay. Ons is Geseënd. Elke oomblik. God se Genade is groter as ons foute, ons twyfel, ons moegheid, ons seer.
Ek sal nooit Hoop verloor nie. Bid saam my, dat ek sal fokus op die Hoop wat deur Jesus se Lewe vir ons Beskikbaar gemaak is.
Tot volgende keer
{TG}
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking