Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 06 Mei 2016

Wat sien jy hiér? Vandag bid ek vir... lig.

Donker... geen lig. Geen sonskyn.

Voel jy ook somtyds so? Asof daar geen hoop, geen vlammetjie brand in jou lewe nie, of jou kersie uitgedoof is?

God verstaan. Maak jou oë toe en voel, hoe jy jou styf vashou.

Jesus, ek weet alleenwees is soms nodig, en dat mens soms, omring deur vele mense, selfs nogsteeds alleen kan voel...

Here, daarom bid ek vandag. Dat daar ñ loflied oor my lippe kom. Dat my hart sal juig, my mond sal getuig, my voete sal dans... oor U elke oomblik by my is. Oor U mý elke sekonde liefhet. Oor ek vir Ù tel. Dankie Heer.

Hou vas. Die son sal weer uitkom. Geen nag hou vir ewig aan nie. Winter is nét ñ seisoen.

Weet net dat God jou altyd liefhet.

Amen
♡ TG♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...