Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 30 Mei 2016

My grootste fout... doen jý dit ook?

Ek is nog altyd ñ vreeslike positiewe mens. Ek sal aanhou soek vir ñ manier, al kan ons geen manier sien nie. Ek sal aanhou probeer, no matter what. Ek sal rol in die stof tot ek weer die teerpad kry na my bestemming toe.

Maar, wat het al verkeerd gegaan?

Jy sien in die Bybel (sien spesifiek Jakobus 3 en Spreuke) word daar gepraat oor die krag van die tong.

Die Bybel beskryf die tong as ñ wapen. Dis ñ baie sterk woord. So, ek glo meeste mense is redelik versigtig met wat hul vir ander sê. Maar is ons werklik? En, wat jy vir jouself sê?

Dít was my grootste fout... alhoewel ek so positief geglo het, het ek twyfel-woorde gespreek.

"Net realisties... gaan nie werk nie want" "alweer gebreek" "die ouens weet nie wat hul doen nie"... en so gaan die lysie aan!

Moenie in jou eie pad staan nie. Hou jou woorde en jou gedagtes in lyn met mekaar. En hou dit positief. God sal die probleme, die twyfel uitsorteer. Gee dit vir Hom. Ja, wees realisties, maar weerhou jou van negatiewe uitspraak.

Weet jy, eendag is eendag en dan begin jou brein jou glo. Want, weet jy, jou brein is vreeslik slim en word deur jou "opgelei".

Affekteer jou negatiewe uitsprake ook die mense om jou? Natuurlik! Mense is beïnvloedbaar, of hul dit nou besef of nie.

Moenie dieselfde fout as ek maak nie♡

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...