Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 26 Mei 2016

Laaste een vir die manne... voor die 31 day challenge

Hallo Manne

Ek vra gister vir my man grapsgewys of hy my blog lees (ek weet hy doen nie)...

Ek se vir hom die huidige gesprek is oor manne wat vir hul vroue bid.

Hy antwoord hy bid elke dag vir my (ek weet hy doen). Ek vra toe, heel geinteresseerd, vir hom - spesifiek waarvoor bid hy nogal vir my... Sy antwoord: dat ek hom elke dag meer soene, drukke, aandag en liefde moet gee... Nou ja, heel grappige antwoord... maar ons almal weet daar steek groot waarheid hierin...

Ten spyte van al die lewe se druk en uitdagings... is dit nie maar al wat elke man wil he nie?

Ek sluit hierdie week se gesprek af met die volgende... jy mag maar... jy mag maar bid vir jou vrou se liefde... vir meer drukke, meer soene, meer rug krap... wat ookal dit is wat jy as liefde ervaar.

Wat ookal jy nodig het.

Manne het tog baie liefde nodig, selfs meer as rugby of 'n lekker braai :-)

Ek laat jul hiermee.

{Hoop jul aanvaar, en geniet die 31 dae gebedsuitdaging... bid vir jul vroue, ons het dit nodig}

TG

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...